timbuckto wix logo.jpg

Timbucktu is ons nuwe klere reeks.

Vir 'n baie lang tyd het ek al die droom om my eie klere te print en te maak.

Ons hang soms ons drome in ons kas elke dag blaai ons deur die kas maar ons kry net nooit daardie geleentheid om die droom uit te haal en aan te trek wat nog te praat van aan pas.  Ons het so baie verskonings om nie ons droom aan te trek nie.  Wel ek het besluit dis tyd dat die droom uit my kas uit kom en 'n paar nuwe kaste gaan besoek.

Timbucktu is 'n nuwe Dames reeks wat bestaan uit Rompe, Rokkies en Toppies.  Ons kan ook op versoek broeke maak.

Op die oomblik wil ons begin om net ons eie unieke ontwerpe op lap te print maar ons kan ook jou droom idee op 'n rok of romp print.

Ons het 3 soorte lap waarvan jy kan kies naamlik 'n sagte T shirt lap wat van hoë gehalte lap is dis sag op jou lyf en voel net amazing.

Dan het ons BonBon en ook Scuba die twee lappe val vreeslik mooi maar is 'n baie dikker lap.

Al ons rompies se bo kante word gemaak met 'n omvou band van dieselfde materiaal as die romp.

HERVERKOOP!

Ons weet ook daar is baie mammas wat ekstra geld wil verdien al is dit net om daardie klein goedjies vir jou self te kan koop wat ons nooit kan doen as ons kinders het.  Daarom gee ons ook mammas die geleentheid om op tussen vriende en familie te verkoop. Kontak gerus Elaine vir meer inligting!